Die Suid Afrikaanse Polisie Diens Is Besig Met Ondersoek Na 'N Roof Voorval In Kimberley

'N saak van gewapende roof word in die Noordkaapse hoofstad Kimberley ondersoek na 'n 21 jarige manspersoon en 'n vriend na bewering in Beit straat Kimberley noord deur 'n groep mans met 'n mes en vuurwapen geroof is. Sersant Jr Webb van die polisie sê die slagoffers is van selfone beroof. Die polisie sê enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagtes gaan konfidensieel hanteer word. Die ondersoek duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media