Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal Vra Hulp Van Die Gemeenskaap

Die Roodepan-speureenheid vra die hulp van lede van die publiek om die naasbestaandes van 'n onbekende man te vind wat in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley opgeneem is nadat hy glo deur 'n taxi getref is. Volgens Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, is die man in 'n ernstige toestand in die hospitaal. Die onbekende man is blykbaar Dinsdag, 30 Julie 2024 in Barklyweg naby Coro Bricks deur 'n taxi omgery. Hy word in die Robert Mangaliso-hospitaal behandel en is in 'n ernstige toestand en kan nie praat nie. Die polisie doen 'n beroep op enigiemand met inligting wat kan help om die naasbestaandes van die man op te spoor, om die ondersoekbeampte, speurkaptein, Ten Slambert, te kontak

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media