Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap sê pasvrygestelde plaaslike ouditverslae vir 2022/23 bevestig dat Noord-Kapenaars steeds vir munisipale wanbestuur moet boet en dat dienslewering steeds onder sukkelende administrasies swik. Die verlag dui darop dat belastingbetalers moes R432.72 miljoen vir munisipale finansiële eenheid opdok, maar 25 munisipaliteite het ook ‘n bykomende R127.05 miljoen bestee aan finansiële konsultante wat ingebring is om hierdie amptenare se werk te doen. Munisipaliteite in die John Taolo Gaetsewe distrik alleen is verantwoordelik vir byna 60% van hierdie uitgawes, met die drie plaaslike munisipaliteite wat gesamentlik R70.173 miljoen aan konsultante bestee het en die distrik wat ‘n verdere R4.96 miljoen bestee het. Die DA sê terwyl inwoners in effek twee keer vir dieselfde diens moes betaal, was daar nie enige tasbare verbetering in dienslewering nie. Die ouditeurgeneraal het bevind dat 65% van Noord-Kaapse munisipaliteite nie genoeg kontant het om operasionale kostes te dek nie, selfs nie eers vir een maand nie. Die DA sê verder dat lede van die Demokratiese Alliansie sal voortgaan om departemente tydens die voorlegging van hul begrotings vandeesweek oor munisipale steunprogramme uit te vra.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za