Op die vooraand van toerisme maand wat jaarliks
gedurende September herdenk word, is die onderskeie deelnemende parke in die
provinsie besig met voorbereidings vir die nasionale parke week, effektief
vanaf 9-13 September 2024. Deelnemende parke in die provinsie sluit in
Kgalagadi Transfrontier Park, Tankwa Karoo Nasioanle Park, Mokala Nasionale Park,
Augrabies Nasionale Park en Ai Ais Richtersveld Transfrontier Nasionale Park. Vanjaar
merk as die 19 agtereenvolgende jaar vir nasionale parke week wat in 2006 vir
die eerste uitregol was. Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek bied
aan alle Suid-Afrikaners die geleentheid om hul plaaslike Nasionale Park te
verken teen geen koste nie en is daarop gemik om die Suid-Afrikaanse nasionale
parkestelsel aan die globale nasionale beweging te koppel en om ook die beste
van Suid-Afrika se nasionale parke ten toon te stel.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com