Die ZF Mgcawu Streek Polisie Het Op Dwelms Ter Waarde Van Meer As Drie Honderd Duisen Beslag Gelê

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens se grens eenheid het op mandrax tablette en tik asook kokaine met 'n geraamde straatwaarde van meer as drie honderd duisend rand beslag gelê. Die deurbraak is volgens 'n polisie verslag gister, 25 Augustus 2024 gemaak. Die polisie sê 'n deursoekings lasbrief is bekom na inligting van dwelms by 'n huis die afgelope naweek. ZF Mgcawu streek polisie woortvoerder Sersant Omphile Masegela sê 'n verdagte is inhegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media