Da oor dienslewerings erns

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaapse wetgewer sê munisipaliteite moet begin om hul diensleweringstake in hul onderskeie jurisdiksies ernstig op te neem. Die party het vergader met die Menseregtekommissie in die provinsie, waar die vordering van verskeie ondersoeke na klagtes bespreek is. Volgens Delmaine Christians van die party, ondermyn swak dienslewering die grondwetlike regte van elke inwoner, en munisipaliteite doen min of niks om die situasie vir hul inwoners te verbeter nie. Die Kai Garib-munisipaliteit is een van die munisipaliteite wat uitgelig is tydens die gesprek, met 'n fokus op die swak waterkwaliteit, terwyl riooloorstromings in Kimberley en besoedeling van die Oranjerivier in Upington ander kwessies was wat aangespreek is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za