Die Spoorwegveiligheidsreguleerder het sy bevindings bekend gemaak ná 'n gru-ongeluk wat die lewens van vier mense, insluitend 'n minderjarige naby Postmasburg in die Noord-Kaap geis het. Die ongeluk het op 4 Augustus 2024 plaasgevind tussen 'n goedere trein en 'n bakkie. Twaalf mense was na bewering passasiers in die Bakkie ten tyde van die ongeluk. Hoof Uitvoerende Beampte van Spoorwegveiligheidsreguleerder, Mmuso Selaledi sê die bevindings toon geen noemenswaardige tekortkominge aan die treinbedrywighede nie. Hy sê die sigbaarheid van die motoris is deur die bome binne en buite die spoorreservaat belemmer. Selaledi sê Transnet Freight Rail sal 'n deeglike ondersoek doen om die grondoorsaak van die voorval te bepaal.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za