Kheis Munisipaliteit herstel slaggate in Groblershoop
2024-08-15
Views: 27
Die Kheis Munisipaliteit se tegniese span is tans besig om die vele slaggate in die Groblershoop gemeenskap te herstel. Berigte dui darop dat swak padinfrastruktuur en geen instandhouding daarvan lei tot die slaggate – wat weer op hul beurt onveilige padtoestande skep. DÃt gee gevolglik aanleiding tot ongelukke of skade aan voertuie aan die gemeenskap. Die toesighouer van die tegniese afdeling, Albertus Willemse, verduidelik egter dat hierdie problem vele risiko faktore inhou vir motoriste en voetgangers. Hy sê die retorasie word begin vanaf die ingangsroete van die Groblershoop gemeenskap. Die tegniese span doen die herstelling van die paaie met teer wat volgens die toesighouer ʼn veel meer volhoubare opsie is. Die gemeenskap sal ingelig word wanneer hierdie hersteling voltooi word: Insert [Albertus Willemse].