Die Gamagara plaaslike munisipaleteit se speaker Goitseone Sekopi het in suksesvolle hibriede raadssitting in die teenwoordigheid van die burgermeester Johannes Roman, die raad en waarnemende munisipale bestuurder Gregory Kannemeyer en ander munisipale amptenare bestuur. Die raadsvergadering is in die munisipaleteit se nuwe raadsaal gehuisves en daarop gemik om die dienslewerings model van die munisipaleteit opnuut onder die vergrootglas te plaas. Die sitting het ook hulde gebring aan die 42 jaar getroue diens van Elizabeth Ras wie na 42 jaar die tuig neergele het. Johannes Roman het Ras se diensbaarheid aan die inwoners uitgewys en die amptenare van die munisipaleteit aangemoedig om onverpoos voort te gaan en daarop te bou deur die mense van die regsgebied wat dienslewering betref eerste te stel
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za