Die inhegtenisname van drie winkeleienaars na hulle nabewering 'n onwettige mikroleningsonderneming bedryf het het opnuut die soeklig geplaas op die besit van Suid Afrikaanse Identiteits dokumente asook kaarte van die agentskap vir maatskaplike sekerheid. Die departement van binnelandse sake insluitend SASSA sê geen persoon is behalwe die persoon aan wie die onderskeie kaarte uitgereik gemagtig om dit in hulle besit te he nie. Dit volg na die oopvlek van die mikroleningsbedryf by Vosburg waar selfs 'n aanstellings kaart van die Suid Afrikaanse Polisie Diens gekry was. Nagenoeg 90 identiteits dokumente, 60 SASSA kaarte en meer as 400 bankkaarte is in die verdagtes se besit gekry tydens die operasie in die noordkaapse dorp. Luitenant kolonel Sergio kock van die polisie sê, misdaad intelegensie saam met ander staats departemente gaan nie skroom om enige vorm van misdadigheid in die provinsie vas te vat nie. Hy sê diegene wie hulle aan misdaad skuldig maak sal met die volle hand van die gereg te doen kry terwyl hy ook mense ontmoedig om hulle persoonlike identiteits dokumente SASSA kaarte en selfs bankkaarte vir enige ander persone te gee. Die drie staan tereg op klagtes wat verband hou met die oortreding van die wet op nasionale krediet 34 van 2005.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za