Die speaker van die ZF Mgcawu streeks munisipaleteit Stanley Peterson het te velde getrek teenoor huiswinkels en die wat hy noem die minagting van die land se wette. Peterson sê dus ontoelaatbaar dat die wetteloosheid wat huiswinkels betref kan voortgaan terwyl geen gevolge vir diegene verantwoordelik vir die verwoesting van 'n reeds weerlose gemeenskap is nie. Hy sê huiswinkels opereer asof hulle geen verantwoordelikheid teenoor die verbruikers se veiligheid het nie en het die verkoop van drank aan veral minderjariges aangehaal. Die speaker het 'n winkel in wyk tien uitgewys waar drank nabewering aan minderjariges so jonk soos tien jaar verkoop was. Hy sê die gedrag is ontoelaatbaar en het 'n beroep gedoen op die wetstoepasings agentskappe om daadwerlik teenoor die eienaars van die huiswinkels op te tree ter beskerming van die gemeenskappe waarin die winkels bedryf word. Peterson sê die verkoop van vervalde produkte asook heffing van ekstra kostes by transaksies waar geld en die aankoop van ligtyd betrokke is is netso krimineel en moet nie geduld word nie omdat dit volgens hom 'n direkte minagting teen die grondwet van die Suid Afrika waarvoor so hard baklei was deur die voorgangers van demokrasie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za