Volgens 'n verslag deur die Suid Afrikaanse Polisie Diens, is die 46 jarige veroordeelde lewendehawe dief Gert isaacs op die kookfontein plaas naby Victoria wes op heterdaad betrap waar hy na bewering besig was om vee te steel. Isaacs is by 'n vorige geleentheid tot tien jaar tronkstraf vir dieselfde oortreding gevonnis. Die Victoria wes landroshof het hom tot twee jaar gevangenistraf vir die jongste oortreding gevonnis op klagtes wat verband hou met veediefstal en oortreding. Die Suid Afrikaanse Polisie het gemaan dat geen steen ongeroer gelaat gaan word om misdaad wat met veediefstal verband hou hok te slaan nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za