Die 25 jarige jean Pierre van niekerk is in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Kimberley tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis na hy op bedrog klagtes skuldig gevind is. Van niekerk het as finansiele bestuurder by noordkaap krieket gewerk waar hy volgens die valke se nomthandazo mnisi geld wat vir dienslewerings ondernemings geoormerk was in sy eie rekening betaal het. Majoor generaal stephen mabuela van die valke het die vonnis verwelkom
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za