Die
Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley het ’n weeklange nagtelike
watertoevoeronderbreking aangekondig weens ’n wanfunksionele pomp by Riverton.
Hierdie onderbrekings sal volgens inligting daagliks van 20:00 die aand tot 05:00 die oggend plaasvind, van 4 Augustus tot Sondag, 11 Augustus 2024. Munisipale
woordvoerder Thabo Mothibi het verduidelik dat die watervlakke by die
Newton-reservoir aansienlik gedaal het as gevolg van een van die vyf
rouwater-onttrekkingspompe, wat water uit die Vaalrivier onttrek, wat nou buite
werking is. Hy het verder bygevoeg dat die munisipaliteit opdaterings oor die
installasieproses sal verskaf sodra dit beskikbaar word. Inwoners word
aangeraai om diensooreenkomstig te beplan vir die nagtelike wateronderbrekings.
Journalist: Shanice Jasson
Email: Intern9@riverside.co.za