Die Noordkaapse polisie se fokus op misdaadvoorkoming het verskeie suksese regoor die provinsie tot gevolg gehad na operasies in drie van die Noordkaap se 5 streke uitgevoer was. In die John Taolo Gaetsewe is verdagtes betrap waar hulle vanuit 'n Toyota quantum voertuig met koperkabels laai by 'n skrootwerf in Kuruman met vier verdagtes wat op die vlug geslaan het en later aangekeer is. Die verdagtes tussen 23 en 38 Jaar oud sal in die Kathu landroshof verskyn en die koperkabels ter waarde van 35 duisend 700 rand is gekonfiskeer. 4 verdagtes is in die ZF Mgcawu streek in Postmasburg en Danielskuil onderskeidelik inhegtenis geneem na Dagga en Mandrax tablette ter waarde van 39 duisend 989 rand in hulle besit gekry is terwyl die eienaar van 'n onwettige drankhuis 'n boete van 500 rand opgele en tuisgemaakte drank uitgegooi was in die Pixley Ka Seme streek en 'n 44 jarige man vir oorlaspleging inhegtenis geneem is. Sersant Timothy Sam van die polisie se misdaadvoorkomings operasies regoor die provinsie gaan voort.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za