Twee verdagtes is in Kakamas inhegtenis geneem vir onwettige drank verkoop

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens het die naweek onwettige drankafsetpunte in Kakamas gesluit en beslag gelê op 243 bottels uitgemaakte bier ter waarde van meer as R4 800. Die polisie sê hulle het op 20 Julie gereageer op inligting oor 'n onwettige brouery wat drank verkoop teen 'n betreklik lae prys wat wyd beskikbaar was vir enigiemand. SAPD woordvoerder in die ZF Mgcawu-streek, sersant Omphile Masegela, sê die drank is weggedoen en 'n boete is aan die eienaar uitgereik. Masegela sê ’n 54-jarige vrou en ’n 28-jarige man is in hegtenis geneem omdat hulle die Noord-Kaapse Drankwet oortree het. Masegela het bygevoeg dat dwelmmisbruik geïdentifiseer is as 'n hoofbydraer tot onbeheerbare misdaadtoename, veral kontakmisdade en ekonomiese misdade. Sy sê die SAPD pas pro-aktiewe metodes toe om hierdie uitdagings aan te spreek deur die identifisering van onwettige verhandeling van drank en die sluiting van sulke afsetpunte.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media