Dwelms van Prieska strate verwyder

Nagenoeg 50 duisend randse dwelms is in Prieska deur die Suid Afrikaanse Polisie gekonfiskeer en twee vermeende dwelmhandelaars inhegtenis geneem. Luitenant kolonel Sergio kock van die polisie se kominikasie afdeling sê, twee afsonderlike huise is deursoek waar 'n 25 en 35 jarige onderskeidelik gearesteer is. Kock sê die polisie gaan nie skroom om teen booswigte op te tree nie en het die samewerking van die publiek verwelkom.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media