'n 21 jarige is tot 10 jaar gestraf vir moord

Die 21 jarige Ofentse Mnyasa van Barkley Wes is in die streekshof in die dorp tot tien jaar gevangenistraf gevonnis na hy op 'n aanklag van moord skuldig gevind is. Die polisie sê ondersoek het in die hof uitgekom dat die beskuldigde Mnyasa en die oorledene in 'n argument betrokke was by n' taverne vanwaar die oorledene van die beskuldigde wegestap het. Die beskuldigde het na bewering die oorledene agterna gesit en met 'n bier bottel aangerand waarna hy van die toneel gevlug het. Die polisie sê die oorledene het in 'n plaaslike hospitaal aan sy beserings beswyk. Die Suid Afrikaanse Polisie Diens het intussen 'n streng waarskuwing uitgereik en inwoners gevra om weg te doen met die gebruik van veral skerp voorwerpe asook om respek onder mekaar te betoon.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media