Die nuutverkose voorsitter van die portefeulje komitee van plaaslike regering in die Noordkaapse wetgewer Theo Joubert sê dit gaan nie maklik wees om 30 jaar se verwaarlosing van munisipaleteite se infrastruktuur en administrasie in die Noordkaap reg te ruk nie. Sy verkiesing as voorsitter na die nasionale en provinsiale verkiesing waarin die ANC sy meerderheid in die Noordkaap verloor het, was voorafgegaan met 'n ooreenkoms met die Vryheidsfront Plus wie een setel gewen het. Hy sê as 'n komitee sal hulle werk daaraan om aanbevelings aan die regering te maak oor hoe om die sutiasie by munisipaleteite om te keer.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za