Asbes gevaar wees konstruksie werk by Hoerskool Carlton Van Heerden.

Die verwydering van Asbes afval is sedert navraag deur Radio Riverside se nuusspan oor 'n gesondheids risiko vir inwoners rondom die Carlton Van Heerden Hoerskool hervat, na bewerings dat die asbes afval onbehandeld op die konstruksie perseel gelaat is en weens winderige omstandighede n gesondheids risiko inhou. Konstruksie by die skool is volgens vertroubare brone sedert September asgevolg van geen betaling aan die kontrakteur gestaak. 'N gesprek tussen ons redaksie en die hoof kontrakteur het onthul dat die verlies aan betaling van die projek striem maar dat asbes afval wel verwyder word. Intussen is bevestig dat die verwydering sedertien voortgaan met inwoners wat hulle kommer uitgespreek het oor die potensiale gesondheids risiko. Een inwoner het met ons redaksie gepraat en so gereageer.Insert - InwonerDie kontrakteur verantwoordelik vir die verwydering van die asbes afval het bevestig dat hulle kennis neem van die kommer en dat die verwydering van die afval tans in volle swang aan die gang is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media