Grootdrink Intermedêre skool netbal dogters behaal sukses
2024-07-15
Views: 77
Intermediêre skool Grootdrink dogters
behaal sukses by die nasionale Netbal toernooi in Randburg, Gauteng. Hierdie
groep meisies het vanaf 11-13 Julie deel geneem aan die nasionale netbal toernooi
in Randburg. Die span het 13de plek behaal vanuit die 15 skole wat deel geneem
het. Raymond Tieties, afrigter van die span het die meisies vergesel en
afgerig. Die skool sê, ter voorbereiding vir die toernooi was daar 'n aanvraag op donasies gedoen
wat die span terdee gehelp het met hul reis na die Gauteng provinsie vir die afskop
van die toernooi naweek. Tieties sê daar was baie goeie terugvoering
vanaf die ander afrigters tydens die toernooi en dat dit 'n nuwe belewenis
vir die meisies was en hulle dit geniet het.....insert[R.Tieties]Hierdie
groep meisies was ook die wenners van die ABSA wildeklawer 2024
Netbal-uitnodigingstoernooi, wat vroeër in die jaar afgeskop het.