Die beplande ontwikkeling en oprigting van minstens 36 herlaaistasies vir elektriese voertuie in die Noordkaap is onlangs bekend gestel. Die proses vir pasasiers en ligte handelsvoertuie sal volgens inligting in September 2025 in werking tree terwyl die oprigting vir herlaaistasies vir vragmotors in permit proses is. Die 36 herlaai stasies sal volgens inligting deur Zero Carbon charge en logistics ten koste van nagenoeg 15 koma 4 miljard rand gegrond op sonkrag en onafhanklik van Eskom bedryf word en n tydsduur van 20 munite se herlaai bied. Die 36 punte sal deel vorm van die land se 120 herlaaistasies wat elk minstens 150 kilometer strategies langs provinsiale en nasionale paaie gelee moet wees. In die Noordkaap is Kheis, Kai Garib, Phokwane die Dawid Kruiper, Gamagara en Magareng onder die 36 om van te noem.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za