Die distriks koordineerder vir AfriForum in die Kalahari Werner Strauss sê die Kai Garib munisipaleteit versuim om die probleme van die inwoners in die regsgebied aan te spreek. Strauss sê die Kai Garib munisipaleteit wie vir Keimoes, Kakamas en Kenhardt verantwoordelik is gaan gebuk onder dienslewerings uitdagings en is ook nabewering onwillig om 'n helpende hand van ondermeer afriforum te vat. Afriforum sê van die water netwerk tot paaie is alles in 'n slegte toestand terwyl die besoedeling van die Oranje Rivier die lewensaar vir groot getalle inwoners slegs die oortjies van die seekoei is. Strauss het 'n hernude oproep gemaak aan die munisipaleteit om in belang van die mense te begin op tree en dienslewering met alle erns te prioritiseer. Afriforum sê in 'n verklaring hulle bly daartoe verbind om saam met munisipaleteite ten bate van dienslewering te werk.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za