Fanpark nie bevestig vir saterdag se grote

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê hy verwag Ierland sal alles in die stryd werp om hul rugbyseisoen met ‘n oorwinning oor Suid-Afrika in die tweede toets in Durban af te sluit. Erasmus sê die Bokke se eerste sege oor die Iere in agt jaar verlede naweek in Pretoria was nié ‘n gemaklilke oorwinning nie. Ierland is tweede op die wêreldranglys ná Suid-Afrika. Erasmus het intussen die vorige toets se groep onveranderd gelaat vir die toets op Kingspark. Hy sê hulle is gelukkig dat hulle Saterdag geen beserings opgedoen het nie. Die plaaslike dawid kruiper munisipaleteit het nie bevestig of die fanpark grootskerm saterdag aangeskakel gaan word vir inwoners om ondersteuning aan die springbokke te gee nie. Bevestiging is intussen dat die keimoes hotel en bar inwoners in die kai garib gaan verwelkom om saterdag in solidariteit agter die bokke te staan

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media