Namakwa deur snerpende koue geteister

Ontwrigtende sneeuneerslae is oor groot dele van Namakwaland aangemeld, insluitend by Sutherland in die Noord-Kaap. Temperature by Sutherland het Maandagaand tot minus-9 gedaal. Die erge koue sal na verwagting tot aanstaande week voortduur. Die burgemeester van die Karoo Hoogland-munisipaliteit, Anthony Stuurman hulle is dankbaar oor die sneeu wat toeriste na die gebied lok, wat direkte en indirekte werksgeleenthede vir plaaslike inwoners skep. Hy sê egter die koue toestande het ‘n negatiewe impak op arm en kwesbare gemeenskappe, en het ‘n beroep op inwoners gedoen om binnenshuis te bly en versigtig te wees op paaie in die gebied.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media