Die Dr Harry Surtie-hospitaal op Upington sê hy is ‘n streeks openbare hospitaal daarom is dienste aan swanger en borsvoedende vroue, sowel as kinders onder die ouderdom van ses jaar oud en slegs pensioenarisse, gratis. Die instansie sê pasiënte word ‘n konsultasie- en/of toegangsfooi gehef. Dokter George Isaacs van die dokter Harry Surtie hospitaal sê dus niks nuut dat pasiente vir dienste betaal nie . Hy sê dienste is betaalbaar gemeet aan 'n reeks vereistes asook omdat geen instansie kan voortbestaan en dienslewering sonder 'n inkomste nie. Isaacs het die publiek aangeraai om nie maklik wegesweep te word deur kritisie wat verwaring probeer veroorsaak nie maar om eerder die betrokke insteling van wie bewering gemaak word te nader om eerste handse inligting te verkry. Intussen het die gesondheids departement ook begin met die beskikbaar stel van gratis griep inentings by sy klinieke en het inwoners aangeraai om hulleself deur inenting teen die griep vuris wat tans ervaar word te beskerm. Die departement sê hulle neem met kommer kennis dat die stigma rondom inentings steeds bestaan en menselewens weens 'n gebrek aan kennis hieroor daaronder lei. Die departement se reaksie beampte verantwoordelik vir aansteeklike siektes Martin Son sê inentings is daar om mense teen siektes en potensielle dood te beskerm. Die departement sê inentings is tans by alle klinieke teen griep gratis beskikbaar.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za