Die onafhanklike landbouweerkundige Johan Van Den Berg se Suid Afrikaners moet regmaak vir kouefronte wat vandeesweek oor die land gaan inbeweeg wat daartoe gaan lei dat die kwik skerp kan daal en swaar reen op plekke kan uitsak wat sneeu en ryp tot gevolg gaan he. Van Den Berg sê baie skerp dalings in temperature word van vandag oor die sentrale, suidelike en suidoostelike binneland verwag. Minimum temperature van munis 5 en laer word in die gebiede sover soos die oostelike dele van die noordkaap verwag. Lae temperature gaan ten minste tot 11 Julie vanjaar by De Aar tot munis vyf daal. Van Den Berg sê verder baie lae temperature met ryp word vir die grootste deel van die Noordkaap voorspel sowel as die Oos en Weskaap asook Noordwes en dele van die Vrystaat aangrensend met Mpumalanga. Ligte neerslae van tot 15milimeter word vir Springbok en Garies voorspel.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za