Contralsa oor inisiasie

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika het 'n streng waarskuwing aan inisiasieskole gerig teen die ontvoering van jong seuns gedurende hierdie inisiasieseisoen.Volgens Contralesa huur sommige inisiasieskole ander seuns om ingewydes teen 'n fooi te ontvoer. Die organisasie werk nou saam met die polisie om die veiligheid van jong seuns te verseker terwyl die winterbesnydingseisoen aan die gang kom. Contralesa-president, hoofman Lameck Mokoena, sê tradisionele leiers moet saamwerk om hierdie ontvoerings te bekamp. In die ZF Mgcawu streek het Douglas Mbambo wie deel van die raad vorm wie betrokke is by plaaslike inisiasie skolle gesê die praktyk van ontvoering kom nie in die Noordkaap provinsie voor nie. Hy sê die leierskap span poog om die wetgewing ten alle tye na te kom en doen alle inisiaisie prosesse insamewerking met die persoon wie die proses ondergaan se familie. Mbambo sê tydens hierdie proses ondergaan die betrokke persoon 'n lewensfase en word belangrike lewenslesse ook oorgedra

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media