Twee mans word ge straaf oor aanranding

Twee beskuldigdes van onderskeidelik 46 en 28 jaar oud is albei onlangs tot 3 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die ernstige aanranding van 'n 16-jarige seun. Daar word beweer dat op 28 Januarie 2023 om 02:00uur die ogend het die 16-jarige manlike slagoffer met sy ma by hul huis by Leratopark, Roodepan, 'n onderonsie gehad toe sy na die bure gehardloop het vir hulp. Die twee beskuldigdes het ingegryp en die slagoffer met 'n graaf aangerand en in die kop gesteek nadat hulle die vensters van die huis gebreek het.Die slagoffer is in die hospitaal opgeneem en het 'n operasie vir sy beserings ondergaan. Beide die beskuldigdes is daarna in hegtenis geneem.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media