Afwagting om nk kabinet raad van provinsies oor nasionale wetgewer

Terwyl die Noordkaap in afwagting is op die premier Zamani Saul om later vanoggend sy wetgewer aan te kondig sê die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Refilwe Mtsweni-Tsipane, die groepering van toesigkomitees in die raad, is van 12 tot 10 verminder. Komitees vorm in die twee huise van die parlement die grondslag van wetgewende prosesse. Die Raad van Provinsies van wie die voormalige Noordkaapse premier Silvia Sukas die adjunk is, het gisteroggend vergader oor die daarstelling van die strukture waarin hy sy werksaamhede kan uitvoer, ten spyte daarvan dat ‘n kabinet nog nie saamgestel is nie. Volgens Mtsweni-Tsipane bly die hoofdoel van die parlement om toesig te hou oor die regering en sy instellings… 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media