Moordverdagte gestraf

Die 25 jarige Ipotseng Kgama is in die streekshof in Kuruman tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis na hy daaraan skuldig gevind is dat hy 'n vriend met 'n mes gesteek het tydens 'n onderonsie. Die slagoffer is op die toneel dood verklaar en die verdagte is inhegtenis geneem op klagtes wat moord insluit. Die woordvoerder vir die nasionale vervolgings gesag Mojalefa Senokoatsane sê die vonnis sal eenmalig uitgedien word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za