Die departement van gesondheid in die Noordkaap sê hulle doen alles moontlik om hulp te verleen om die situasie by die stad se psigiatriese hospitaal om te swaai. Die instelling is nabewering sedert Oktober verlede jaar sonder ’n ontvangsdame en het geen elektrisiteit wat hulle aan vandalisme en kabeldiefstal toeskryf. Lebogang Majaha, woordvoerder van die Noord-Kaapse Gesondheidsdepartement sê 'n Elektriese ingenieur is as diensverskaffer aangestel en die terrein oorhandiging is reeds vir die installering van ’n nuwe 1200 KVA kragopwekker, die herstel van die substasie, kabel vervanging en opgradering van sekuriteit gedoen. Die projek sal na verwagting teen einde September vanjaar afgehandel wees.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za