Tientalle buitelandse burgers sal binnekort in landdroshof in Kimberley verskyn, nadat 72 van hulle die naweek in hegtenis geneem is omdat hulle vermoedelik onwettig in die land is. ‘n Taakspan van Operasie Vala Umgodi, bestaande uit die polisie, die weermag, en amptenare van die departement van Binnelandse Sake, het aan die operasie in die Samaria-informele nedersetting deelgeneem. Die operasie het ten doel om onwettige delwery uit te roei. Die verdagtes is tydens patrollies, klopjagte en padblokkades in hegtenis geneem. Binnelandse Sake, wat gemoeid is met immigrasie, werk nou saam met die polisie om die verdagtes se dokumente en verblyfreg na te gaan, waarna hulle aangekla sal word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za