Die gesinsgeweld en kinderbeskermings eenheid van die polisie in Kimberley het die vonnisoplegging van 'n 22 jarige wat vir die verkragting van 'n 12 jarige tereg gestaan het verwelkom. Speursersant Neo Noge hoof ondersoek beampte in die saak het aan die hof verduidelik wat tydens die voorval gebeur het. Die verdagte het na wat beweer word die slagoffer van agter gegryp en in 'n badkamer by die psigiatriese hospitaal verkrag. Die verdagte 'n psigiatriese pasient is tot vier jaar gevangenistraf gevonnis en sy naam in die register vir seksuele oortreders aangebring.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za