Kai Gaib moordenaar gevonnis

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in Keimoes in die Kai Garib municipale area het die 15 jaar gevangenisstraf vir die 30 jarige Niklaas Williams verwelkom. Williams is volgens 'n polisie verslag na sy skuldigbevinding vir die moord van die 20 jarige Mondre Blom van Sonskyn straat in Keimoes gevonnis. Die polisie sê die beskuldigde is inhegtenis geneem na die polisie na 'n roof en moord toneel in die Gamakor woonbuurt in Keimoes ontbied is in November 2019, waar hulle op die oorledene se liggam afgekom het. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media