Gesoekte man vas

'N gesoekte verdagte in Nababeep in die Namakwa streek is inhegtenis geneem na hy in besit van 'n vuurwapen en gesteelde goederre betrap is. Die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê in 'n verklaring dat die verdagte vir klagtes wat verband hou met huisbraak en diefstal by Jacobs Garden in Concordia gesoek is en na opvolg van inligting oor waar hy kan wees deur 'n gesamentlike span van die polisie insluitend honde eenheid en die openbare orde polisie vasgetrek. Die 38 jarige man is in besit van verskeie stuks gesteelde eiendom gekry wat insluit vermoedelik gesteelde vuurwapens en amunisie. Polisie woortvoerder Kolonele Cherelle Ehlers sê die verdagte word voor die hof gedaag onderwyl die ondersoek voortgaan.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media