Ingryping gevra

Die departement van maatskaplike ontwikkeling asook gesondheid is gevra om in te gryp na bewerings dat ‘n groep jeugdiges van Kimberley vervalde kos produkte versamel om vir hulle gesinne te sorg. Die SAUK berig dat die groep van 40 jeugdiges weens hulle omstandighede geforseer is om hulle lewens ingevaar te stel omdat hulle deur armoede en werkloosheid gekonfronteer word. Die verbruikers kommissie het intussen die bewerings skerp gekritiseer en gese niemand mag bloodgestel word aan vervalde kos produkte nie en dat maatskappye die verantwoordelikheid het om die produkte behoorlik van ontslae moet raak sonder dat mense toegang tot dit kry. John Speek van die verbruikers raad se skerp optrede gaan die voorland van nalatige persone wees wat nie aan die gesondheids regulasies voldoen nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media