Vier verwagtes is tuidens Operasie Vala Umgodi inhegtenis geneem

Die polisie sê hulle het die naweek tydens 'n operasie in die Postmasburg-omgewing vier verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op dwelms, kontant en gesteelde wetstoepassers-uniforms. Media Skakel Beampte van die polisie in die provinsie Sersant Molefi Shemane sê Operasie Vala Umgodi, 'n taakspan wat toegewy is aan die bekamping van onwettige mynbou en verwante misdade, het 'n ontwrigtende operasie Saterdag in die vroeë oggendure oor verskeie gebiede in Postmasburg uitgevoer. Shemane sê die operasie het oor Boitshoko, Postdene, Maranteng, Newtown, Greenfield en Carnation gestrek, na aanleiding van geloofwaardige inligting oor vermoedelike dwelmhandel in dié gebiede. Hy sê die operasie het gelei tot die inhegtenisneming van drie manlike verdagtes, tussen 24 en 36 jaar oud, op aanklag van die besit van dwelms. Shemane sê boonop is 'n 40-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde eiendom en dwelms. Die verdagtes sal na verwagting binnekort hul hofverskyning maak. Operasie Vala Umgodi het intussen onderneem om voort te gaan met sy ontwrigtende optrede om onwettige mynbou en verwante misdade regoor die Noord-Kaap aan te spreek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media