'n 55-jarige beskuldigde, Andre Freyer, het voor die Garies-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige besit van vuurwapens, ammunisie, plofstof en die onwettige vervaardiging van plofstof. Dar word beweer dat gedurende Februarie 2020 is 'n vuurwapen wat in onwettige jag by die Natuurreservaat gebruik is, by Kallabaskopplaas oorkant die Natuurreservaat versteek. Die polisie sê in 'n verklaring dat terwyl die polisie na die vuurwapen gesoek het, is ander vuurwapens, ammunisie en plofbare materiaal aangetref. 'n Saakdossier is by die Springbok-polisiestasie geopen en later na die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek oorgeplaas. Na 'n intensiewe ondersoek deur lede is besluit om Freyer, as die enigste eienaar van die plaas, te vervolg. Die polisie sê 'n lasbrief vir inhegtenisneming is teen hom uitgereik en uitgevoer deur die Upington Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekspan. Freyer is borgtog van R1000 toegestaan, en die saak is tot 27 Junie 2024 uitgestel vir oorplasing na die streekhof.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za