Die Carnavon-streekhof het Kerneels Maerman (24) tot 12 jaar tronkstraf gevonnis

Die Carnavon-streekhof het Kerneels Maerman (24) tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op 16 Julie 2023 skuldig bevind is aan huisbraak en die poging tot verkragting van 'n 47-jarige vrou op 'n plaas in Loxton. Volgens Sersant Timothy Sam, die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het die vonisoplessing op Vrydag 31 Mei plaasgevind. Sam sê Maerman het die deur van die klaagster se huis oopgeskop en haar herhaaldelik aangerand en probeer verkrag. Sam sê gelukkig het die vrou se seun onder die bed weggekruip en hulp van die boer gesoek, wat die saak by die polisie aangemeld het. Sam sê die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media