Die saak teen die verdagte wat na bewering verlede jaar twee blitspatrollielede in Kimberley doodgeskiet het, is uitgestel tot 12 Augustus. Daniel Alberts, wat na bewering op 22 Augustus verlede jaar 'n motor in Bloemfontein gesteel het en na bewering die twee beamptes in Kimberley vermoor het, staan tereg op twee aanklagte van moord, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede, motordiefstal, en die diefstal van 'n skootrekenaar. Volgens 'n polisie verklaring sal die sake teen hom nou gesentraliseer word, en sy sielkundige evaluering is in April afgehandel. Alberts, is volgens 'n psigiatriese pasiënt wat voorheen in verskeie fasiliteite opgeneem is. Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem nadat hy na bewering op die polisielede losgebrand het terwyl hulle hom agternagesit het.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za