Oleseng Rooi (18) is deur die Kakamas-landdroshof vir 18 maande tronk toe gestuur, nadat hy ‘n 9 jarige seun met ‘n elektriese koord aangerand het. Sersant Omphile Masegela sê die seun het op die betrokke dag saam met vriende naby hulle huis gespeel. Sy sê Rooi het vir die seun gevra wat hy doen en hom daarna met ‘n elektriese koord aangerand. Die seun het na sy ma toe gehardloop en vir haar gesê wat gebeur het en sy het die aanranding weens die aard van die beserings by die polisie aangemeld. Masegela sê die verdagte het op vlug geslaan, maar is twee dae later in hegtenis geneem en van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aangekla.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za