Dag twee van stem

Vandag is die tweede dag waarop geregistreerde kiesers wat aansoek gedoen het vir spesiale stemme, hulle kruisies kan trek. Stemlokale open om negeuur, en sluit om vyfuur vanmiddag. Kiesbeamptes sal meer as 624-duisend van die sowat een-komma-ses miljoen mense wat vir spesiale stemme aansoek gedoen het, by hulle huise besoek. Die amptelike verkiesingsdag is môre, en anders as in vorige verkiesings, móét kiesers wat nie spesiale stemme uitbring nie, by die stempunte stem waar hulle geregistreer is. In die ZF Mgcawu streek het die leier van die Khoisan Revolusie party Stanley Peterson wie sy party sê steun aan die ANC toegese het by babbelbekkies sy spesiale stem uitgebring met die verwagting dat die munisipale bestuurder van die ZF Mgcawu streeksmunisipaleteit Alfred Tieties ook later vanoggend by die selfde stempunt gaan stem.Provinsiale Verkiesings Beampte in die Noord Kaap Bonolo Modise het die volgende gesê oor die eerste dag van speciale stemme gister....INSERT (MODISE)

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media