LUR gekla

’n Strafregtelike klagte is teen die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid ingedien weens swak mediese diens asook die onwettige hantering van persoonlike mediese inligting. Andrus Strauss, #Hope4SA-party se premierskandidaat en ’n inwoner van Upington het na bewering, het verlede week Woensdag die klag teen LUR Maruping Lekwene in Kimberley aanhangig gemaak. Mediese lêers met persoonlike inligting van pasiënte is die afgelope maand in ’n veld langs die 8SAI-weermagbasis in Upington gestort, waar Strauss daarop afgekom het. Die dokumente bevat vertroulike inligting soos individue se volle name, vanne, ID-nommers en ander belangrike gegewens. Straus voer aan dat dit ’n ernstige oortreding van mense se regte is en veroorsaak onherstelbare skade aan die privaatheid en waardigheid van die betrokke persone lekwene word ook daarvan gekla dat hy nalatig was insluitend die oortredings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting . ’n Klag van moord is ook gele ná die dood van die bejaarde man van kimberley Jan Kruger . Kruger is nabewering oorlede weens ’n belangrike operasie wat meermale uitgestel is omdat die hospitaal toerusting nie gewerk het nie, die kragopwekker onklaar was en eindelik die onbeskikbaarheid van ’n narkotiseur.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media