Verskeie studente van die Sol Plaatje universiteit in Kimberley is na bewering gestrand gelaat na hulle uitsetting vanuit hulle koshuis weens wanbetaling van huurgeld. Studente kamp sedertdien volgens inligting buite die Moroko saal by die hoofkampus sowel as die Luka Jantjie huis. Studente beweer volgens berigte dat hulle reeds die universiteit bestuur gevra het om in te gryp nadat dit aan die lig gekom het dat akomodasie slegs vir 38 studente deur die eienaar van die behuisings fasiliteit ontvang is. Die Sol Plaatje universiteit het nabewering aangevoer dat hulle nie kan inmeng in die ooreenkoms tussen n verhuurder en huurder nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za