skoene geskenk

200 leerders by !Xunkhwesa Gekombineerde Skool in Platfontein het 'n skenking van nuwe skoolskoene en sokkies vanaf die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf ontvang. Die nasionale sekretaris van die NBCRFLI, Musa Ndlovu, het sê die skenking is gemaak om nie net minderbevoorregte leerders by te staan nie, maar ook om hulle te inspireer om op skool te bly ten spyte van die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Platfontein, wat 15 kilometer buite Kimberley geleë is, bestaan uit twee San-stamme, die !Xun en die Khwe, met die naam van die skool wat albei stamme verteenwoordig. Die bedryf sê elke kind verdien 'n opvoeding en 'n regverdige kans op sukses, ongeag die omstandighede waarin hulle gebore is. Ndlovu sê hierdie skenking is baie betekenisvol aangesien dit sal verseker dat hierdie 200 leerders, ten spyte van hul agtergrond, die selfvertroue sal hê om die klaskamer in te stap en onderrig te ontvang. Die hoof van die skool het die NBCRFLI bedank vir sy ruim skenking en dat hulle deur die gebaar 'n verandering in die lewens van die leerders gemaak het.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media