dag hospitaal weer aan die gang

Die 24-uur-gesondheidsdienste by die Galeshewe-daghospitaal in Kimberley, wat weens ’n tekort aan personeel en toerusting nie as ’n 24-uur-hospitaal kon funksioneer nie, is volgens inligting heringestel. Inligting dui darop dat dit fasilitiet onlangs weer begin om dag en nag primêre gesondheidsorgdienste te lewer, wat nou nooddienste insluit. Ambulanse, toegewyde personeel van die Galeshewe-daghospitaal, insluitend dokters, gaan nou selfs na-ure beskikbaar wees om pasiënte te help. Volgens die gesondheids departement is dit ter voorbereiding vir die komende implementering van die langverwagte Nasionale Gesondheidsversekeringsprogram.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media