mans gestraf na rooftog

Die -streekhof het twee mans tot gesamentlike 18 jaar tronkstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by 'n gewapende roof by die Diamond Pavilion Mall. Volgens polisiewoordvoerder, sers Merapelo Pilane, het die 36-jarige Relebogile Seshego en sy 26-jarige medepligtige, Katlego Phukuntsi, op Sondag, 20 November 2022, 'n juwelierswinkel by die Diamond Pavilion Mall in Kimberley binnegegaan terwyl hulle 'n vuurwapen geswaai het. Hulle het volgens die polisie verslag, die winkelwerknemers met die vuurwapen gedreig en weggejaag met juweliersware, selfone en 'n onbekende bedrag geld. Die twee is gesien hoe hulle in 'n wit Toyota Starlet van die toneel vlug en die polisie is in kennis gestel en het vinnig gereageer. Beide verdagtes is suksesvol opgespoor en op dieselfde dag in hegtenis geneem

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media