4 vas vir mynery op plaas

Die polisie in die Noord-Kaap het vier vroue en twee mans in hegtenis geneem in verband met onwettige mynbedrywighede op ‘n plaas naby Kimberley. Die polisie het op die groep afgekom wat onwettig gate grawe op die plaas Kareeboom, en bevind dat hulle nie permitte het nie, en ook nie toestemming om op die plaas te wees nie. Beslag is gelê op toerusting wat vir mynbedrywighede gebruik word, sowel as ‘n voertuig. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van betreding en onwettige mynbedrywighede.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media