water kwessie aangespreek

Na 'n stryd van vyf maande om waterregte van die mense van Windsorton-stasiegebied, is die Demokratiese Alliansie  hoopvol dat die watertoevoer uiteindelik herstel gaan word. Die beheerkas by die sonpomp in Windsorton-stasie is na bewering in Oktober verlede jaar gesteel wat dartoe gelei het, dat sowat veertig mense wat in die gebied woonagtig is, en van boorgatwater afhanklik is, vir hierdie tydperk sonder enige water gelaat is. Die party sê in 'n verklaring dat hulle op 15 Oktober 2023 'n brief aan die Magareng stadsbestuurder gerig waarin hulle dringende ingryping versoek hetasook die kwessie by elke komitee- en raadsvergadering sedert die voorval in Oktober geopper het. Die party beweer tot twee dae gelede was die reaksie wat hulle gekry het dat die munisipaliteit nie 65 duisend rand op die herstel van water aan net veertig mense, wat nie vir water betaal nie, wil mors nie. Die DA sê hulle is verlig dat die stadsbestuurder uiteindelik sy voorneme aangedui het om ondersoek in te stel na die vervanging van die beheerkas en herstel van die sonkragpomp wat tydens die diefstal beskadig is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media